Duik in ’n wonderwêreld van liedjies, feite en avontuur! Magonjatjie en die See is interaktiewe kinderteater-vertoning wat opvoeding, vermaak en omgewingsbewustheid kombineer. In die nagenoeg 60-minute vertoning ontdek jong maatjies die geheime van die oseaan deur boeiende liedjies, fassinerende feite en opwindende poppespel. Die produksie bestaan uit twee dele, met ‘n 10-minute pouse tussen-in.
Deel 1: See-ontdekking Leeravontuur
Hier leer kinders oor die lae van die see en ontmoet hulle die diere wat daar woon. Innemende liedjies, prettige feite en heerlike saamsing-oomblikke kweek liefde vir die see en sy diere.
Deel 2: Tip se Gemors
Tip, die honger haai, beland in ’n avontuur vol plastiekgevaar! Met kreatiewe swartligpoppespel ontdek kinders hoe ons optrede die oseane raak. Tip se vriende, Gobie en Stolie, help om hom te red – en leer die maatjies hoe om self ’n verskil te maak.
Opvoedkundige en Interaktiewe Waarde:
- Leer oor seebewaring en plastiekbesoedeling
- Bevorder verantwoordelikheid en omgewingsrentmeesterskap
- Stimuleer verbeelding, musiek- en bewegingspel
Die vertoning is geskik vir Gr R tot Gr 3 leerders. Klank en beligting is ingesluit.







