Magonjatjie en die Boelies (nuut!)

Klein insekte, groot lesse – en hoe om boelies slim te hanteer!

Magonjatjie en die Boelies is ’n 70-minute, interaktiewe vertoning wat jong maatjies op ’n kleurvolle avontuur deur die wêreld van insekte neem. Hier leer hulle hoe goggas werk én hoe om boelies die hoof te bied – alles met lag, liedjies en poppespel.

Deel 1: Gogga-meganismes en Speletjies

Saam met Magonjatjie ontdek die kinders hoe verskillende insekte beweeg en oorleef. Van vlieende vlinders tot skerpioene met ‘springvere’ – elke demonstreerde meganisme, is ‘n vroeë ontmoeting met fisika. Daarna neem hulle deel aan ’n prettige gogga-bouspeletjie om die karakters te leer ken.

Deel 2: Moenie die Boelie voer nie!

Die storie begin wanneer Arabella die spinnekop deur ’n irriterende vlieg, Flip Vaalvlieg, geboelie word. Met die hulp van ’n slim wurm en ’n vrolike skoenlapperkoor leer Arabella hoe om na haarself te luister, eerder na die gekoggel van die boelie. Wat is die beste oplossings vir boelies? Ontdek die geheim: Moenie die boelie voer nie!

Opvoedkundige en Interaktiewe Waarde:

  • Leer oor insekte en hulle fisika-kragte
  • Bevorder sosiale vaardighede en hoe om boelies reg aan te pak
  • Stimuleer kreatiewe denke, probleemoplossing en spanwerk.

 

Ander Konserte

Magonjatjie en die Boelies (nuut!)

Magonjatjie en die Boelies is ’n 70-minute, interaktiewe vertoning wat jong maatjies op ’n kleurvolle avontuur deur die wêreld van insekte neem. Hier leer hulle hoe goggas werk én hoe om boelies die hoof te bied – alles met lag, liedjies en poppespel.

Lees meer »

Magonjatjie en die See

Magonjatjie en die See is interaktiewe kinderteater-vertoning wat opvoeding, vermaak en omgewingsbewustheid kombineer. In die nagenoeg 60-minute vertoning ontdek jong maatjies die geheime van die oseaan deur boeiende liedjies, fassinerende feite en opwindende poppespel. Die produksie bestaan uit twee dele, met ‘n 10-minute pouse tussen-in.

Lees meer »

Magonjatjie en die Plaas

Magonjatjie en die Plaas is ’n 60-minute, interaktiewe vertoning waar kinders spelenderwys leer oor plaasdiere en hoe hulle leef. Die vertoning kombineer musiek, humor en leeraktiwiteite om jong maatjies te help ontdek hoe elke dier klink, waar hy woon en selfs wat sy kleintjie genoem word – in Afrikaans, Engels, Sepedi én gebaretaal.

Lees meer »