Galery

Welkom by Magonjatjie se galery! Hier kan jy ’n kykie kry in die kleurvolle wêreld van ons opvoedkundige konserte. Hierdie foto’s vang die verwondering en pret vas — van ons hoofkarakter, Magonjatjie self in aksie, tot spesiale oomblikke saam met jong gehore tydens optredes en werkswinkels

“Magonjatjie se vertonings bied aan kinders ‘n veelkantige leergeleentheid: Stimuleer hulle verbeeldings, ontwikkel emosionele-, kommunikasie- en sosialevaardighede, en dit alles terwyl hulle hope pret het. Hierdie vertonings het ‘n groot impak op hulle menswees in geheel,… mens sou kon sê dit is onmisbaar.”
Anna A de Beer, Opvoedkundige Sielkundige