Magonjatjie en die Plaas

Plaaspret met dieregeluide, liedjies en lag!

Magonjatjie en die Plaas is ’n 60-minute, interaktiewe vertoning waar kinders
spelenderwys leer oor plaasdiere en hoe hulle leef. Die vertoning kombineer musiek,
humor en leeraktiwiteite om jong maatjies te help ontdek hoe elke dier klink, waar hy
woon en selfs wat sy kleintjie genoem word – in Afrikaans, Engels, Sepedi én gebaretaal.

Deel 1: Wie Bly Waar?

Luister hoe dit klink op die plaas en watter diere al daardie geluide maak. Ons speel die “Wie Bly Waar?”-speletjie en leer sodoende sommer die diere se name in verskeie tale.

Kom bou saam met Magonjatjie aan ’n kleurvolle plaaslandskap.

Deel 2: Die Drie Varkies en die Wolf 2.0

Die klassieke storie kry ’n moderne kinkel: Wolf se selfoonbattery is pap en hy soek net sy seun! Hy probeer by die varkies ’n foon leen, maar sy reputasie loop hom vooruit. Die avontuur eindig met ’n gesprek oor skermtyd en hoe dit jong breine beïnvloed – met die boodskap: “Skermtyd is slaaptyd vir jou brein; lees, sing en speel maak jou slim en sterk!”

Opvoedkundige en Interaktiewe Waarde:

  • Leer oor plaasdiere, hul geluide, kleintjies en leefplekke
  • Bevorder meertaligheid (Afrikaans, Engels, Sepedi) en gebarentaal
  • Onderstreep die belangrikheid van balans tussen skermtyd en aktiewe spel

Die vertoning is geskik vir Gr RR tot Gr 1 leerders. Klank en beligting is ingesluit.

Ander Konserte

Magonjatjie en die Boelies (nuut!)

Magonjatjie en die Boelies is ’n 70-minute, interaktiewe vertoning wat jong maatjies op ’n kleurvolle avontuur deur die wêreld van insekte neem. Hier leer hulle hoe goggas werk én hoe om boelies die hoof te bied – alles met lag, liedjies en poppespel.

Lees meer »

Magonjatjie en die See

Magonjatjie en die See is interaktiewe kinderteater-vertoning wat opvoeding, vermaak en omgewingsbewustheid kombineer. In die nagenoeg 60-minute vertoning ontdek jong maatjies die geheime van die oseaan deur boeiende liedjies, fassinerende feite en opwindende poppespel. Die produksie bestaan uit twee dele, met ‘n 10-minute pouse tussen-in.

Lees meer »

Magonjatjie en die Plaas

Magonjatjie en die Plaas is ’n 60-minute, interaktiewe vertoning waar kinders spelenderwys leer oor plaasdiere en hoe hulle leef. Die vertoning kombineer musiek, humor en leeraktiwiteite om jong maatjies te help ontdek hoe elke dier klink, waar hy woon en selfs wat sy kleintjie genoem word – in Afrikaans, Engels, Sepedi én gebaretaal.

Lees meer »