Magonjatjie en die Dinosourusse

’n Brullende avontuur van vriendskap en ontdekking!

Magonjatjie en die Dinosourusse neem jong kykers op ’n prehistoriese reis vol feite, humor en musiek. Hierdie 70-minute kinderteater-produksie is opgedeel in twee dele met ’n pouse.

Deel 1: Ontdek die Dinosourusse

Klein paleontoloë leer oor verskillende dinosourusse deur kleurvolle visuele uitbeeldings, oorspronklike liedjies en prettige bewegingsaktiwiteite. Leer was nog nooit só lekker nie!

Deel 2: ‘n Vriend of Nie?

In die Jurasiese woude ontmoet SwaaiSwaai en Doefvoet mekaar. Dié twee dinosourusse moet besluit of hulle mekaar kan vertrou. Die storie verken aanvaarding, vriendskap en die idee dat verskille iets is om te vier.

Opvoedkundige en Interaktiewe Waarde:

  • Leer oor dinosourusse en prehistoriese tye
  • Bevorder begrip van vriendskap, aanvaarding en diversiteit
  • Aktiewe deelname met sang en beweging

Die vertoning is geskik vir Gr RR tot Gr 1 leerders. Klank en beligting is ingesluit.

Terugvoering

Ander Konserte

Magonjatjie en die Boelies (nuut!)

Magonjatjie en die Boelies is ’n 70-minute, interaktiewe vertoning wat jong maatjies op ’n kleurvolle avontuur deur die wêreld van insekte neem. Hier leer hulle hoe goggas werk én hoe om boelies die hoof te bied – alles met lag, liedjies en poppespel.

Lees meer »

Magonjatjie en die See

Magonjatjie en die See is interaktiewe kinderteater-vertoning wat opvoeding, vermaak en omgewingsbewustheid kombineer. In die nagenoeg 60-minute vertoning ontdek jong maatjies die geheime van die oseaan deur boeiende liedjies, fassinerende feite en opwindende poppespel. Die produksie bestaan uit twee dele, met ‘n 10-minute pouse tussen-in.

Lees meer »

Magonjatjie en die Plaas

Magonjatjie en die Plaas is ’n 60-minute, interaktiewe vertoning waar kinders spelenderwys leer oor plaasdiere en hoe hulle leef. Die vertoning kombineer musiek, humor en leeraktiwiteite om jong maatjies te help ontdek hoe elke dier klink, waar hy woon en selfs wat sy kleintjie genoem word – in Afrikaans, Engels, Sepedi én gebaretaal.

Lees meer »