Agtergrond

Magonjatjie bied opvoedkundige konserte aan vir jong kinders (grondslagfase en voorskool), waar feitelike kennis en kreatiewe stories saamvloei met musiek, poppe en humor. Ons fokus op temas soos natuur, seelewe, dinosourusse en vriendskap – altyd met ’n opvoedkundige kernboodskap.

Wat kan ouers en onderwysers tydens ‘n optrede van Magonjatjie verwag?

Unieke kombinasie: Musiek, poppe, humor en opvoeding in een wonderlike avontuur.

Hoë betrokkenheid: Kinders word aktief by die vertoning ingesluit.

Opvoedkundig EN vermaak: Ons wys dat leer pret kan wees.

Professionele poppe en visuele elemente: Poppit Puppets poppe word gebruik vir gehalte en aantrekkingskrag.

Aanpasbaar: Ons kan ook konserte aanpas vir ouderdom, tydsduur en tema van die skool of instelling.

2012

Magonjatjie se begin

Magonjatjie is gebore en spring weg met liedjies en stories skryf. Eerste Magonjatjie-konsert geskep vir laerskole.

2016

Konserte begin

Magonjatjie en die See, Magonjatjie en die Plaas en Magonjatjie en die Dinosourusse suksesvol by verskeie skole en feeste aangebied.


2018

Uitbreiding

Uitbreiding van poppe en visuele elemente om konserte meer interaktief en leersaam te maak.

2025

Nuwe bekendstellings

Bekendstelling van Magonjatjie en die Insekte / Boelies, ’n konsert wat kinders leer oor insekte, meganismes en hoe om boelies te hanteer.

Lees meer

Emile – Meester van Magonjatjie

Emile se pad met poppeteater het in 2007 begin. Hy het die beginners- en gevorderde kursusse by die bekende Jackson’s Ridge Children’s Ministry Training Center voltooi, en was betrokke by die meesterskursus. Sy vaardighede is verder verfyn onder leiding van die bekende poppemeester Karin Massyn van Doxa Deo Kids. Daar het hy homself gevestig as ’n meesterpopspeler en was hy betrokke by bykans elke vorm van poppeteater – buiten miskien Clinket!

Sedert die heel eerste Magonjatjie-avontuur is Emile die een wat die bosmannetjie die beste verstaan. Vir meer as 12 jaar is hy en Magonjatjie onafskeidbaar, en saam laat hulle jong en ou harte lag, leer en droom.

emile

Sunieda – Skooljuffrou, Skrywer en Skeppingsgees agter Magonjatjie

Sunieda leef vir kinders, stories en die vreugde van ontdekking. Sy is die kreatiewe krag agter Magonjatjie se wêreld van musiek, humor en leeravonture – ’n plek waar jong maatjies speel-speel leer en wonder oor die wêreld rondom hulle.

Sy is ’n gekwalifiseerde onderwyseres met ’n Honneursgraad in Kinderontwikkeling. Met meer as twee dekades se ervaring in onderrig – van Suid-Afrika tot Taiwan en China. Hierdie kombinasie van kennis en kreatiwiteit gee aan elke Magonjatjie-vertoning die unieke balans van vermaak én waardevolle leer.

Johan – Die Klankmeester agter Magonjatjie

ohan is die man agter die musiek en tegniese aspekte wat elke Magonjatjie-vertoning laat sprankel. Met meer as 40 jaar se ervaring in die musiekbedryf – en byna ’n duisend albums en verhoogproduksies agter sy naam – bring hy ’n skatkis vol kennis en kreatiwiteit na die verhoog.

Hy is ’n gekwalifiseerde musikant – pianis en tjellis – en het al saam met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars gewerk. By Magonjatjie gebruik hy daardie selfde passie en vakmanskap om die klankbaan en liedjies te skep en te verwerk, en om seker te maak elke konsert “loop soos stroop.”